Gé Korsten
Gé Sing: Hoor my Lied!

met Arina de Wit | Louis Loock | Stephanie Baartman

Kunstenaars
Devider

inniBos Kunstefees, Nelspruit Hoërskool Ouditorium

5 Julie 2025

R295

Atterburyteater
Innibos Aanbod

Kry ‘n ongelooflike 50% afslag wanneer jy vir beide Vlerksleep en Gè Sing: Hoor my Lied! by Innibos bespreek! Ons almal was seker al op ’n toe-oog afspraak en weet presies hoe aaklig dit kan wees. TV-realiteitsreekse dwing bekendes om in der waarheid op blinde afsprake te gaan en dis dit dan vir die wêreld op as “vermaak”. Peter Quilter vat raak met Vlerksleep, want hy het daarin geslaag om ’n moeilike onderwerp baie komies aan te bied. Dit is vars en skreeusnaaks en ons almal kan op ’n manier daarmee identifiseer, want ’n toe-oog-afspraak is 99% van die tyd nie baie geslaagd nie. Die vertoning vind plaas op Woensdag, 2 Julie omk 09:00. Teen die einde van September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika se eerste ware superster, vir altyd stil geword het. Sy lewe, loopbaan en fenomenale talent word met die huldeblyk-produksie Gè Sing: Hoor my Lied! gevier. Oudiovisuele argiefmateriaal word teen ’n skerm geprojekteer om die gehoor ’n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte in Gé Korsten as kunstenaar, mens en pa te bied. Die vertoning vind plaas op Saterdag, 5 Julie om 12:00.

Ons Gè musiek video

Borge